n Verhaal van Twee Kaketoes

n Verhaal van Liefde, Deernis, Vriendskap en Lojaliteit.

Hierdie storie is beskibaar in en

Sowat agt jaar gelede het 'n wilde Australiese Geelkuif Kaketoe in 'n motor vasgevieg en haar vlerk gebreek. Die motoris het haar na die plaaslike veearts hier in Nerang, Queensland geneem en hy moes noodgedwonge haar vlerk afsit. Ons het haar aangeneem waarvoor ons n permit moes kry van die Departement van Parke en Natuurbewaring. Ons het haar in n kou in die tuin aangehou waar sy gereeld besoek is deur wilde cockatoos. Een van die dinge wat ons baie beindruk het was hoe sy haar kos met besoekers gedeel het. Sy het haar slaaiblare deur die tralies van die hok gestoot om dit aan te bied.

Verlede Sondag, 23 Julie 2006, het sy weer n besoeker gekry terwyl ek in die tuin gewerk het. Dit het oulik gelyk en ek gaan haal toe my kamera.



Soos die ander voŽls het hy bo op die hok gesit met die peutervrye grendel so ek was nie bekommerd oor haar veiligheid nie.


Hulle het sommer baie lekker geklets en vere versorg. n Man moet darem sy beste voet voorsit as hy gaan vlerksleep by n meisie!


Dinge het interessant begin raak toe hy by die voordeur rondvroetel. . .



Die slimkop het uitgewerk hoe om die deurtjie oop te maak - peutervrye grendel of te nie!



Hy het die deurtjie oopgemaak vir n oor en weer vere rangskikking en kosdelery. . .



Oooh dis lekker liefie. Krap n bietjie meer aan daai kant asseblief. . .



Hy het nie getalm nie en het n paar keer in en uit die hok geklim sonder vrees.



Hulle het gepaar! Ons sien uit na pragtige babas. Ons sal julle op hoogte hou.



Later het die hele familie kom kuier maar haar spesiale maatjie was tot dusver elke dag terug.



Ons los nou maar die deur oop en as ons vergeet maak dit nie saak nie. Cockatoos is amper so slim soos die primate (dis nou jy en jou maats). Omdat sy net een vlerk het, bly sy in die hok of sit bo-op. Raai wat gebeur toe...